INMEMORIAM

Mnr E (Eugene) Abrams van Bloemfontein (75). Verwerf die graad BSc Bing (1958). Mnr EC (Ebbie) Anderssen van Strand (96). Oudinwoner van Dagbreek. Verwerf die graad BSc in Landbou (1943). Ds GJ (Gert) Barnard van Lynnwoodrif (82). Oudinwoner van Dagbreek. Verwerf die grade BA (1947), HonsBA (1962). Dr VRVOL (Leib) Bergh van Mosselbaai (69). Oudinwoner van Dagbreek en Huis Visser. Verwerf die grade BSc (1963), MBChB (1968). Dr JM (Blom) Blomerus van Durbanville (80). Oudinwoner van Wilgenhof. Verwerf die grade BSc (1950), MMed (1970). Mnr JM (Jan) Blomerus van Sanlamhof (71). Oudinwoner van Dagbreek. Verwerf die grade LSOD (1970), BComm (1971), BEd (1973). Oud-onderwyser. Prof BF (Bun) Booyens van Stellenbosch (94). Oud-inwoner van Dagbreek. Verwerf die grade BA (1944), MA (1946), DPhil (1963), DPhil (1993). Dien die skoolonderwys op die vakgebied Geskiedenis, waarna hy agtereenvolgens die poste van assistent van die Rektor van die Universiteit Stellenbosch (en terselfdertyd ook redakteur van die alumnitydskrif Matieland), senior lektor in Geskiedenis en later hoof van die nuutgestigte Departement Afrikaanse Kultuur- en Volkskunde, beklee het. Was vir 17 jaar inwonende hoof van Eendrag Manskoshuis. 'n Waardige akademikus en wat talle publikasies die lig laat sien en verskeie eretoekennings ontvang het. Was by uitstek 'n gewilde en innemende spreker en geliefde persoonlikheid by talle Oud-Matie saamtrekke. Het ook as President van die Konvokasie gedien. Verwerf in 1993 op die ouderdom van 77 'n tweede doktorsgraad, in Afrikaanse Kultuurgeskiedenis. Mev JS (Johanna) Booyens (née Joubert) van Stellenbosch (88). Oud-inwoner van Monica. Verwerf die graad BEd in Huish (1944). Was die eggenoot van prof Bun Booyens. Mnr BF (Bennie) Booysen van Durbanville (43). Oudinwoner van Helshoogte. Verwerf die grade BA (1988), LLB (1990). Advokaat by Marais Muller en Yekiso in Tygervallei. Mrs SE (Shirley) Butcher (née Roux) of Plumstead (59). Former resident of Nerina. Obtained the degrees BSc (1971), HonsBSc (1971).Was one of the first students to move into Nerina residence in 1968. Actively involved with the Anglican Society and the Student Christian Association. Worked for the University of Cape Town's Department of Environmental and Geographical Science and specialised in GIS. Over the past few years she has been a member of the Anglican Chaplaincy Trust in Stellenbosch supporting the work of the Student Chaplain. Dr JH (Johannes) Cloete van Bloemfontein (81). Oudinwoner van Huis Visser. Verwerf die grade BA (1952), MA (1954). Ds FJ (Derick) Conradie van Bellville (86). Oud-inwoner van Hombré . Verwerf die grade BA (1944), HonsBA (1964). Mnr PJ (Pieter) Conradie van Danabaai (73). Verwerf die graad BSc Bing (1962). 62 MATIELAND WINTER2010 Mnr M (Marchand) de Kok van Bloemfontein (78). Oud-inwoner van Huis Visser. Verwerf die grade BA (1951), LLB (1953). Medestigter van Symington en De Kok Prokureursfirma in Bloemfontein. Voormalige president van die Vrystaatse Prokureursorde en was raadslid van die landwye algemene vergadering. Het ook lank praktiese klasse vir reeds praktiserende prokureurs aan die Universiteit van die Vrystaat gegee. Prof B (Barney) de Villiers van Kaapstad (60). Oudinwoner van Hippokrates. Verwerf die grade MBChB (1974), DBG (1981), MMed (1992), DGG (2008). Gewilde kollega van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se Afdeling Gemeenskapsgesondheid. Prof JWR (Roux) de Villiers van Stellenbosch en Paarl (84). Verwerf die grade BScIng (1949), MScIng (1963). Was onder andere professor in toegepaste wiskunde, Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese en Viserektor: Bedryf aan die Universiteit Stellenbosch. Was die eerste ontvanger van 'n spesiale oorkonde wat jaarliks deur die konvokasie toegeken word vir sy bydrae tot gemeenskapsontwikkeling. Mnr NB (Nicolaas) Dreyer van Durbanville (70). Oudinwoner van Huis Visser. Verwerf die grade BA (1960), BEd (1965). Was vanaf 1968-1989 verbonde aan die Onderwyserskollege Oudtshoorn (OKO). Met die sluiting van die OKO was hy Departementshoof: Afrikaans. Sedert 1990 tot sy aftrede gewerk as vertaler by Sanlam se Hoofkantoor se taaldiens-afdeling en daarna as konsultant in vertaalwerk. Mev L (Lindi) du Plessis (née Smith) van Hermanus (26). Oud-inwoner van Huis ten Bosch. Verwerf die graad BRek (2005). Mnr D (Dup) du Preez van Durbanville (90). Verwerf die graad BA (1949). Mnr HS (Hercule) du Preez van Ferndale Johannesburg (36). Oud-inwoner van Helshoogte. Verwerf die grade BIng (1995), MIng (1999). Gewerk by Mintek, Johannesburg, Bio Products, Durban, Thyssens Krüpp, Johannesburg en Process Plant Technology, Johannesburg. Prof DA (Danie) du Toit van Paarl (68). Verwerf die grade BA (1962), HonsBA (1964), MA (1966), BTh (1966), LisTeol (1966). Hy het teologie doseer aan die Hugenote Kollege in Wellington, waarna hy eers as dosent aan die Universiteit van Pretoria en daarna as professor in Sistematiese Teologie aan die US tot met sy aftrede in 2000 doseer. Was ook inwonende hoof van Huis Visser en Huis Marais. Mnr EH (Ernst) Eloff van Johannesburg (68). Verwerf die graad BA (1961). Verbonde aan verskeie teatergeselskappe waaronder Kruik, Truk en Sukovs. Enigste persoon ooit om die gesogte Piers Nicholsonprys vir sy bydrae tot die ontwikkeling van toneel in die Vrystaat twee keer te ontvang. Is herhaaldelik benoem vir AA Vita- en Artes-pryse. Het ook bekendheid verwerf as oom Buks Pienaar in Franz Marx se Egoli. Mnr PH (Heyns) Ferreira van Jeffreysbaai (92). Verwerf die graad BSc in Landbou (1940). Het vir 42 jaar by die Koringraad gewerk waar hy as inspekteur begin het. Tree in 1982 as afdelingsbestuurder af. Mnr JS (Sas) Fick van Worcester (86). Verwerf die graad BComm (1943). Mr W (Dieter) Glaue of Namibia (72). Obtained the degree BSc (1961). Served as chairman of TASA and as president of the tourism umbrella body FENATA as well as being instrumental in establishing NATH. Mnr A (André) Griessel van Heidelberg, Gauteng (45). Oud-inwoner van Dagbreek. Verwerf die grade BScAgric (1985), Hons BSc Agric. (1986), MSc Agric (1991). Begin sy loopbaan in 1992 by Molatek Veevoere as 'n verkoopsverteenwoordiger en vorder tot Nasionale Verkoopsbestuurder. In Sept 2000 begin hy as Nasionale Verkoopsbestuurder by Kemin Industries. Hy behaal sy MBA by die Universiteit van Bunell in Londen, Engeland. Werk ook vir Meadow Animal Feeds as Verkoopsbestuurder, Sentrale Streek. Is beskryf as 'n dinamiese en pligsgetroue persoon in sy werk. Mev M (Ena) Harvey (née Rossouw) van Muizenberg (78). Oud-inwoner van Huis de Villiers. Verwerf die grade BA (1952), LLB (1954).Was primaria van Huis De Villiers en het in 1953 op die Studenteraad gedien. Na 'n kort loopbaan as joernalis vir Die Burger en as hoof van die Kaapstadse Regshulpraad, is sy in 1956 met Alan Harvey getroud. As die vrou van 'n diplomaat het sy in Nederland, Griekeland, België, Luxemburg, Kanada, die Verenigde State ,Nieu-Seeland en die Volksrepubliek van China diens gedoen. Benewens haar openbare lewe was sy die toegewyde moeder van vier kinders. Mev E (Elsamarie) Hay (née du Toit) van die Strand (72). Oud-inwoner van Sonop. Verwerf die graad BSc (1958), SOD (1958). Van 1959 tot 1962 was sy onderwyseres op Worcester by die Meisies Hoërskool. Trou in 1963 en word tuisteskepper en predikantsvrou. Prof IS (Sakkie) Hay van Limpopo (79). Oud-inwoner van Huis Marais. Verwerf die graad BScIng (1952). Tree in 1953 in diens van die destydse Departement Pos-en Telegraafwese. In 1955 in diens van die Pye Radio en Televisie Maatskappy en daarna weer vir die Departement Pos-en Telegraafwese. Word in 1961 lektor in die Departement Oudiologie en Spraakpatologie aan die Universiteit van Pretoria en in 1965 senior lektor. Verwerf in 1970 die MA(Oudiologie)-graad aan die Universiteit van Washington in die VSA. Word ook bevorder tot professor in en hoof van die Departement Oudiologie en Spraakpatologie aan die UP wat hy tot sy aftrede in 1992 beklee het. Verhuis na Tzaneen waar hy in Magoebaskloof gewoon het. Mev HA (Alta) Hoffeldt (née le Roux) van Pretoria (66). Oud-inwoner van Monica. Verwerf die graad BA (1963). Vir meer as twee dekades verbonde aan die UNISA Biblioteek. Mnr CL (Cedric) Hofmeyr van Langebaan (78). Oud-inwoner van Dagbreek. Verwerf die grade BA (1953), LLB (1954). Was vir 32 jaar 'n vennoot van die prokureursfirma Swemmer & Levin in Vredenburg, Langebaan, Saldanha en Velddrif/Laaiplek. Mev A (Anna) Hugo (née Brunner) van Tuine, Kaapstad (84). Oud-inwoner van Harmonie. Verwerf die graad BA (1935). Mnr JJS (Sep) Human van Durban (69). Oud-inwoner van Dagbreek. Verwerf die graad B.Sc. (1963). Was lank dosent by die Durbanse Technikon. Mnr K (Kristo) Janse van Rensburg van die Strand (87). Oud-inwoner van Dagbreek. Verwerf die graad BSc (1947). Was hoof van Wes-Kaap Natuurbewaring in Jonkershoek met sy aftrede in 1983.

You need to upgrade your Flash Player


You need to upgrade the version of your Flash Player to version 9 minimum.

Click here

Adobe Flash Player Download Center